St Francisbaai-skade moontlik byna R1 miljard

Terwyl St Francisbaai-inwoners steeds die koste probeer beraam van die verwoestende brand wat meer as 70 luukse huise verwoes het, het een versekeringsmaatskappy reeds aangedui dat hy sowat R100 miljoen gaan moet opdok.

Thatch Risk Acceptances, wat namens Compass Insurance Company polisse onderskryf, het gesê 27 huise, wat by hom verseker is, is in die brand verwoes, berig AlgoaFM. Dié huise se skade beloop onderskeidelik tussen R1 miljoen en R16 miljoen. Paul Carragher, besturende direkteur van die maatskappy, sê alhoewel ʼn voorval soos dié in St Francisbaai ʼn uitsonderlike geval is, is sy maatskappy daarop voorberei.

Carragher sê die totale skade kan tot R900 miljoen beloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.