St Francisbaai: Skade op skade

William Defossez, ʼn afgetrede dokter van België wat sy vakansiehuis in die brand in St Francisbaai verloor het, sê diewe plunder nou sy eiendom.

Defossez sê hy het van die oortreders gesien toe hy teruggekeer het nadat brandbestryders die brand geblus het, berig EWN. Plaaslike inwoners beskryf die brand as “die ergste nog”. Defossez sê hy is geskok deur die voorval. “Ek het wakker geword en alarms gehoor. Ek het by die venster uitgekyk en gesien dat huise brand. Ek het nie besef my eie huis brand nie,” het hy gesê.

Hy het aan sy vrou gesê om van hulle waardevolste besittings te probeer red. “Een van ons vriende het gekom om te help en my vrou saam met hom geneem. Sy wou van die besittings nog vat, maar die dak het ineen begin stort.”

Eric Stewart, ʼn inwoner en vrywillige brandbestryder wat ook die brand probeer blus het, het gesê hy het nog nooit vantevore só iets gesien nie. “Die eerste brand was omstreeks 17:30 en dit was net ʼn braaivleisvuur wat handuit geruk het en van daar het alles so vinnig gebeur,” het Stewart gesê.

Twee brandbestryders het geringe beserings opgedoen en is Maandag uit die hospitaal ontslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.