Staat appelleer teen molesteerder se ‘ligte straf’

hofhamertjie31Die staat gaan appèl aanteken teen die ligte vonnis wat aan ‘n kindermolesteerder van Mpumalanga opgelê is.

Carl Lotter (44) is daaraan skuldig bevind dat hy ‘n vriend se twee dogters tussen 2006 en 2009 seksueel aangerand het. Hy is in Augustus tot vier jaar tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is. Lotter het reeds ʼn kriminele rekord vir seksuele mishandeling van ‘n negejarige meisie in 1998 waar hy ook ‘n opgeskorte vonnis opgelê is. Die appèl teen Lotter se jongste vonnis sal in Februarie in die streekhof in Nelspruit aangehoor word. Landdros Erwin Sithole het die opgeskorte vonnis aan Lotter opgelê ondanks aanbevelings van twee deskundige getuies dat Lotter tronkstraf moet kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.