Staat gaan appelleer teen McBride se vryspraak

Robert McBride. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die staat gaan teen die onlangse vryspraak van Robert McBride, die voormalige hoof van die Ekurhuleni-metropolisie wat aanvanklik tronkstraf opgelê is vir dronkbestuur en regsverydeling, appelleer.

Die appèl is by die Pretoriase hooggeregshof ingedien, het Beeld Woensdag berig.

McBride het op 21 Desember 2006 van die metropolisie se jaareindfunksie naby Hartbeespoortdam gery toe hy sy motor gerol het. McBride is in April 2011 skuldig bevind op die aanklagte teen hom en is in September tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Hy het teen dié vonnis appèl aangeteken.

Regter Cynthia Pretorius het hom op 28 Maart 2013 onskuldig bevind en het aangevoer dat die staat geen van die klagtes teen die beskuldigde bo redelike twyfel kon bewys nie.

In die staat se appèl voer hulle aan dat die appèl-regters die fout begaan het om McBride se voormalige kollegas te dwing om vrae te beantwoord wat hulle kon inkrimineer. Dit staat voer aan dat die drie kollegas die reg het om stil te bly. Hulle maak ook kapsie omdat die landdroshof ʼn verklaring van ʼn getuie, dr. Joseph Moratioa, as bewys verwerp het omdat hy dood is voordat hy kon getuig.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.