Staat: ‘Griekwastad-moorde was beplan’

Die beskuldigde in die hof tydens 'n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die staat het Maandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof aangevoer dat die moorde op Deon (44), Christel (43) en hul 14-jarige dogter Marthella Steenkamp beplan was om die dogter se verkragting weg te steek, berig Beeld.

‘n 17-jarige seun word aangekla van die moorde op die Steenkamp-gesin en die verkragting van Marthella. Adv. Hannes Cloete, staatsaanklaer, het gister in sy slotbetoë aangevoer dat die beskuldigde die gesin vermoor het aangesien Marthella gedreig het om haar ouers van die verkragting te vertel. Die Steenkamp-gesin is verlede jaar op Goeie Vrydag op hul plaas Naauwhoek, naby Griekwastad, doodgeskiet. Cloete sê die seun was die enigste aanvaller en dat hy gewag het tot die gesin saam in die huis was. “Marthella se verkragting was die motief, of die rede, vir die moorde. Dit was beplan. Daar was ʼn vasberadenheid in die doodskoot en daar is seker gemaak die slagoffers is dood,” het Cloete aangevoer. Regter-president Frans Kgomo het intussen aangedui dat hy Donderdag gaan uitspraak lewer in die saak.

SAPA

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Dié vonnis as hy skuldig is
Griekwastad-moorde: Slotbetoë vandag verwag
Huisgenoot tereggewys oor Griekwastad-tiener
Griekwastad-moorde: Verhoor onverwags uitgestel
Video: Griekwastad-moorde: Verkragting was dalk die motief
Griekwastad-moorde, verkragting aan mekaar verbind; saak uitgestel
Griekwastad-moorde: Seun se getuienis “onmoontlik”
Griekwastad-moorde: Verdagte het glo niks gehoor
Video: Moeilike vrae aan Griekwastad-verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte se kruisverhoor hervat
Griekwastad-verdagte getuig
Griekwastad-moorde: Verdagte begin getuig
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Ja ek dink ook dit was deeglik beplan gewees, maar ongelukkig is ons wet van so ‘n aard dat aangesien die kind slegs 15 jaar oud was toe die moorde gepleeg is, mag hy nie lewenslange tronkstraf opgele word sou hy skuldig bevind word nie. Die meeste is 15 – 20 jaar per klag, wat samelopend sal wees en dan kan hy binne 7-8 jaar weer uit die tronk wees. Mense soos die jong vermeende moordenaartjie moet opgesluit en die sleutel weggegooi word.

Rudi ·

Dit, of ons moet sy kop van sy skouers verwyder. Mense het al uit die tronk ontsnap maar nie uit die graf nie.

Elize Mans ·

Net die wete dat hy geen berou wys na hy sy hele familie uit gewis het, sien ek hom as n gevaar vir enige jong meisie na hy weer parool kry.

Hoe leef hy met die wete ,wat hy gedoen het.Ek dink nie hy moet ooit parool kry nie.

mariaan ·

Hoekom is die seun se voog so betrokke? Dit laat mens ernstig wonder. Nou het hy boonop die regspan afgedank, twee dae voor uitspraak gelewer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.