Staat maak gereed vir Oscar-hofsaak

Oscar Pistorius

Die staat maak glo gereed om ‘n akte van beskuldiging teen Oscar Pistorius te lê voor sy hofverskyning volgende week, berig Eyewitness News.

Die aanklag sal spesifieke besonderhede van die misdade bevat wat die staat aanvoer hy gepleeg het.

Die Olimpiese atleet se vriendin, Reeva Steenkamp, is op 14 Februarie vanjaar in sy huis in Pretoria doodgeskiet. Hy is op R1 miljoen borg vrygelaat. Pistorius voer aan hy het haar vir ‘n misdadiger aangesien, maar die staat gaan aanvoer dit was moord met voorbedagte rade.

Steenkamp sou Maandag, op dieselfde dag wat Pistorius in die hof moet verskyn, haar 30ste verjaarsdag gevier het. Die hofsaak se datum is nog nie vasgestel nie, maar dit sal na verwagting binne die eerste kwartaal van 2014 plaasvind.

Dit het twee weke gelede aan die lig gekom dat die polisie steeds sukkel om inligting te bekom op die iPhone wat Pistorius glo die aand van die voorval gebruik het. Ondersoekbeamptes van die polisie het glo hul eweknieë by Interpol genader om die kundigheid van die personeel by Apple te bekom. Alhoewel die selfoon nie gesluit is nie, probeer die speurders die iTunes-wagwoord in die hande kry om die toestel te analiseer om versteekte data of inligting wat moontlik uitgevee is, te bekom.

Die Daily Voice in Kaapstad berig dat Pistorius Sondag saam met vriende in Hermanus geroei het. Sy familie sê hy spandeer meeste van sy tyd by die huis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Seg Net ·

Sy tyd van afrekening hier op aarde kom nader. Hoop hu kry wat hy verdien en dit is lewenslsnk tronkstraf vir moord.

Len Marinus ·

Dit wat gebeur het was tragies maar wie is Seg Net & leana om te oordeel?! Laat die regter liewer die besluit neem.

Seg ok maar net

Seg Net ·

Sy tyd kom nader om gestraf te word vir ‘n moord wat hy gepleeg het. Hy moet lewenslank kry, wat hy verdien. Waarom hy op borg is, nie wat moordenaars en verkragters verdien nie.

leana ·

Stem saam met jou Seg. Hoop die waarheid sal seevier op die einde.

Nellie ·

Hou op klippe gooi. Elke dag dra hy sy straf en moet hy met sy gewete saam leef. Mense moet ophou om hulle aan ander se leed te verlekker. Doen erder iets positief vir die samelewing as om ander te oordeel. Net God het die reg daarvoor!

Vick ·

Maroela… hoekom is julle nuus feeds so korrup. As mens van wit moorde lees het julle al die ou kak fotos van n hof hammer altyd op. By Oscar skroom julle nie om sy gesig te wys nie. Korrupte nuus, tyd vir delete! Close your site…. it’s anyway old news!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.