Staat moet miljoene opdok ná kind bene verloor

Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal

Die Pretoriase hooggeregshof het bevind dat die staat R2,8 miljoen skadevergoeding moet uitbetaal nadat ʼn kind se bene geamputeer is omdat sy swak mediese behandeling by ʼn staatshospitaal ontvang het.

Tebisa Kometsi (6) se bene is op 9 Oktober 2009 in die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg geamputeer, het Beeld Woensdag berig.

Sy is ʼn maand voor die amputasie in die hospitaal opgeneem nadat sy met kookwater gebrand het wat erge beserings aan haar arms en bene veroorsaak het.

Die hof het bevind dat die hospitaalpersoneel nalatig was met Kometsi se behandeling en monitering. Kometsi het ontwater wat die sirkulasie van bloedtoever na haar bene beïnvloed het. Sy het gevolglik gangreen gekry waarna haar bene gedeeltelik geamputeer moes word.

Beeld berig die Gautengse LUR vir gesondheid, onder wie se beheer dié staatshospitaal val, is aanspreeklik verklaar vir die skadevergoeding wat uit die amputasie spruit.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

personeel mut opdok ander gaan hulle net aan om goor werk te lewer want ons taxgeld betaal om hulle foute reg te mk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.