Die staat het vroeer vanoggend sy saak afgesluit teen die ses mans wat beskuldig word van die moord op die Potgieter-gesin van Lindley in die Vrystaat in Desember verlede jaar. Attie Potgieter, sy vrou Wilna en hulle 2-jarige dogtertjie Willemien se lyke is op die plaas Tweefontein gevind.
Die ondersoekbeampte ao. Danie Bierman het sy getuienis afgehandel as die staat se laaste getuie terwyl die ses mans se verteenwoordigers hulle kruisondervraging afgesluit het. Bierman het vroeer getuig dat een van die beskuldigdes sy sim-kaart in mev. Potgieter se foon gesit het en oproepe gemaak het. Een van die gesin se selfone is ook by een van die verdagtes gevind toe hy in hegtenis geneem is. Die hof het ook vroeer gehoor dat mnr. Potgieter gemartel was voor hy hom doodgebloei het. Die wonde is waarskynlik deur onder meer ʼn panga, tuinvurk, ʼn klip en ʼn baksteen toegedien. Mev. Potgieter is in die nek geskiet terwyl Willemientjie in die agterkop geskiet is. Die ses mans tussen die ouderdomme van 18 en 33 staan tereg op