Staat soek lewenslank vir Anene se moordenaar

Anene Booysen

Anene Booysen

Die staat sal vandag versoek dat Johannes Kana lewenslank tronk toe gestuur word nadat hy gister skuldig bevind is aan die verkragting van en moord op Anene Booysen.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê hulle sal die maksimum vonnis versoek. Die NVG het Kana se skuldigbevinding verwelkom. “Ons is bly dat die hof tot die beslissing gekom het aangesien ons die afgelope agt maande geargumenteer het dat Johannes Kana die enigste persoon is wat verantwoordelik was vir die verkragting van en moord op Anene Booysen.” Ntabazalila sê Kana sal na verwagting Woensdag, op Booysen se 18de verjaardag, gevonnis word. “Ons gaan die hof vra om hom lewenslank tronk toe te stuur ten einde te verseker dat ons geregtigheid vir Anene, haar familie, vriende en die gemeenskap van Bredasdorp kry.” Veiligheidswagte het op 2 Februarie op ʼn erg beseerde Anene afgekom by ʼn bouperseel op Bredasdorp. Anene is later die dag in die Tygerberg-hospitaal oorlede. Kana het vroeër erken dat hy saam met Anene by ʼn kroeg gekuier het en dat hy haar verkrag het toe hulle die kroeg verlaat het. Hy het egter ontken dat hy haar vermoor het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ingrid ·

Kan hulle as straf ma ook eerder ook sy binnewerk eers laat uittrek by hom, miskien kom hier die beeste agter wat hulle mense aandoen…. Bly hy ga lewenslank kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.