Staat vra lewenslange tronkstraf vir Wes-Kaapse polisiemoordenaar

tronkdeur-320x192Die staat het vandag gevra dat Fabianus Fillipus (29), die Namibiese man wat twee polisiekonstabels verlede Oktober in Houtbaai vermoor het, die minimumvonnis van lewenslange tronkstraf vir elke moord opgelê word.

Hoewel Fillipus se prokureur aangevoer het dat die moorde nie met voorbedagte rade gepleeg is nie, het Samantha Raphaels, die staat se regsverteenwoordiger gesê dat Fillipus vir Pindiwe Nikani (26) en Mandisi Nduku (27) as’t ware tereggestel het en niks van hulle gesteel het nie. “Dit is dus duidelik dat Fillipus se doel was om die konstabels dood te skiet.” Nikani is op die toneel dood terwyl Nduku later in die hospitaal beswyk het

Raphaels het gevra dat Fillipus twee keer lewenslank tronk toe gestuur word vir die moorde en nog vyf jaar vir die onwettige besit van ’n vuurwapen opgelê word.

Sewe polisiebeamptes is sedert Julie vanjaar in die Wes-Kaap doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

vuurvreter ·

Hoekom lewenslank? Dan word hulle vet gevoer op ons swaar verdiende geld. Nee ek se hang,skie of stenig hulle.

vuurvreter ·

Nee wat maroela, julle het drie kwart van julle mense verloor. Die mense wat ons kommentaar so lekker afhaal kan maar solank vir hulle ander werk gaan soek want op die trant stel amper niemand meer belang om kommentaar op die forum te laai nie.

Willy ·

Kom vuurvreter. Los hierdie kindertuin. Kom na ons kant toe. Ons het vandag so lekker gekuier op Praag. Ons wag vir jou.

Wessel van Vuuren ·

Vuurvreter en Willy, thanks for going. Good riddance Maroela.

Vas Vat ·

Stuur hom Pollsmoore toe,dit is amper doodstraf,daar sal hulle hom stadig maar seker van sy lewe beroof.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.