Staat wil hê boere moet aandele aan werkers gee

grondhervormingDie moontlikheid dat boere deur die staat “aangemoedig” gaan word om aandele in hul boerderye aan plaaswerkers te gee, bekommer kommersiële boere, het Beeld Donderdag berig.

Dié aandele-voorstel is vervat in ’n voorgestelde beleidsdokument van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming.

Daar word voorgestel dat ’n plaaswerker met tien jaar se “gedissiplineerde diens” op ’n kommersiële plaas geregtig is op 10% se aandele in die eienaarskap van die grond, berig Beeld.

Ná 25 jaar diens is ’n werker geregtig op 25% aandele, en op 50% ná 50 jaar.

Geen melding word gemaak oor wat sou gebeur as daar verskeie werkers op ’n plaas is wat al langer as tien jaar daar werk nie.

Volgens die berig sal die stelsel nie “afdwingbaar” wees nie en boere word aangemoedig om “vrywillig” deel te neem. ’n Aansporingsprogram sal plaaseienaars aanmoedig om daaraan deel te neem.

Anneliza Crosby, die regs- en beleidadviseur van Agri SA, het Woensdag gesê die beleidvoorstel maak glad nie sin nie. “As daar enige geringe moontlikheid is dat boere geforseer gaan word om dit te doen, sal dit tot onttrekking en ‘n skerp afname in landbouproduksie lei,” het sy gesê.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Willy ·

En my werk moet my ook aandele gee. Staat sê bietjie vir hierdie maatskappy.
Dit sal min dividende wees maar wat, elke bietjie sal help.

JAVR ·

Ja nee stem ek met jou saam Willy. Ons s’n sal nie klein wees nie glo my. `1% sal baie gemaklik in my sak pas dankie. Dis hoekom hulle so rojaal met die regering geld aangaan want hulle dink dis hulle f…kken share!

Trippie ·

Verskoon my gou, ek gaan net aanmeld in my vennoot se kantoor en my SHARE OP-EIS !!!

Byna 32 jaar in diens van die firma – heits, ek sien myself al as ‘n toekomstige “jet-setter” !

MET PERMISSIE GESê, STAAT SE MHUR !

Trippie, opduimpie(s) vir jou !

√ √ √

Grobbie ·

Belaglik. Jy betaal hom om vir jou te werk en dan moet jy hom nog betaal ook om ‘n deel van jou plaas te vat.
Miskien kan die staat vir my ‘danger pay’ betaal om in die land aan te bly en te help sorg vir die klomp parasiete.

Grobbie ·

Belaglik. Jy betaal hom om vir jou te werk en dan moet jy hom nog betaal ook om ‘n deel van jou plaas te vat.
Miskien kan die staat vir my ‘danger pay” betaal om in die land aan te bly en te help sorg vir die klomp parasiete.

Johanna ·

Waar in die wereld het jy al sulke belaglikheid gehoor!!!!!!!!!!!!

Elize ·

Ja, dit is nou die toppunt van vermetelheid.
Hoekom word die Boere so getreiter, Die Boere is daar om vir hierdie land kos te voorsien,vir alle nasies swart bruin en wit.
Hoe dink die Regering hoe sal dit later met die land se kos voorsiening gaan.,as hulle 30% en 50% van hulle plaas moet weggee.SKANDE.

Sankie ·

Wel die toe-eiening van plase was ‘n total neuk op. Daar was nie geboer nie, daar was gerus op die mooi nuwe plase. So die staat moes seker met ‘n beter plan vorendag kom voor die verkiesing. Hoe anders kan mens stemme werf. So daar gaan nou ryklik gepromofeer word dat almal op plase aandele gaan kry. Wel gedaan ANC – goeie strategie!

JHW ·

Dit is weer ‘n wanvoorstelling van bemagtiging en vals hoop . Wanneer ‘n boer 10% aandeel of wat ook aan werkers oordra en daar word ‘n verlies gemaak of insolvensie tref die boerdery , wat sal die uitkoms dan wees ? Sal die aandeelhouers dan instaan vir verliese ?

Popeye ·

Aanmoedig beteken seker nie om ou tannies te verkrag en hulle te vermink nie ne ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.