Die staat gaan aansoek doen om verlof tot appèl teen die vonnis van die voormalige Fidentia-baas J. Arthur Brown.
Regter Anton Veldhuizen het Brown Woensdag tot ʼn boete van R150 000 of drie jaar tronkstraf gevonnis nadat hy verlede maand skuldig bevind is op twee aanklagte van bedrog. Hy is vrygespreek op sewe ander aanklagte van korrupsie, geldwassery en bedrog.
Brown het Donderdag as ʼn vry man uit die hof gestap nadat hy die boete betaal het, berig eNCA.
Veldhuizen het die staat Woensdag hewig gekritiseer en gesê dat die saak swak hanteer is, maar die nasionale vervolgingsgesag het dit ontken en gesê hy doen sy werk goed.
Goeie gedagte!
As iemand soos hy met so ‘n tikkie op die hand kan wegkom, waarom moeite doen om hulle te vervolg!
As gelet word op al die klagtes waarop Brown vrygespreek is, wil mens bykans die afleiding maak dat die ondersoek nie goed deurdag gedoen was nie en die klagtes dus ook nie goed fundeer nie. Die blote feit dat hy op geen klag van korrupsie of geldwassery skuldig bevind is nie, staaf juis ‘n waarskynlike swak ondersoek.
Uit ondervinding weet ons mos dat landdroste en regters slegs skuldigbevindings kan maak wanneer al die relevante klagte goed gegrond is – sodra daar twyfel is, is daar nie ‘n skuldigbevinding nie.