Staatsaanklaer vas oor verkragting

ʼn KwaZulu-Natalse staatsaanklaer is in hegtenis geneem en het in die hof verskyn nadat hy glo ʼn 23-jarige vrou in sy kantoor verkrag het.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die saak is tot Vrydag uitgestel wanneer die aanklaer na verwagting om borg sal aansoek doen. Zwane sê die vrou was glo saam met haar kêrel by die hof toe die aanklaer, wat nie geïdentifiseer mag word voor hy op die aanklagte teen hom gepleit het nie, haar glo na sy kantoor geroep en verkrag het. Die vrou het haar kêrel vertel wat gebeur het en ʼn saak is by die polisie aanhangig gemaak. Die staatsaanklaer het die vrou glo R3 000 aangebied om die saak terug te trek. Die aanklaer word van verkragting, korrupsie en regsverydeling aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.