Staatsamptenaar bedank oor “voortydige” twiet

ETA-lede

ETA-lede

ʼn Staatsamptenaar van Spanje het Vrydag bedank toe ʼn twiet en persverklaring uitgestuur is wat ʼn reeks sensitiewe inhegtenisnemings aankondig nog voordat die klopjagte uitgevoer is.

Alberto Gimeno het as die hoof van kommunikasie uit die ministerie van binnelandse sake bedank weens die “fout in sy departement” oor die inhegtenisneming van verskeie ETA (Basque Homeland and Freedom)-lede voordat die anti-terroristeveldtog nog begin het.

“Minister Jose Fernandez Diaz het Gimeno se bedanking aanvaar,” lui ʼn verklaring wat deur die regering uitgereik is.

Die aankondiging is Woensdag op die ministerie se Twitter-rekening gemaak en vervat in ʼn persverklaring wat aan joernaliste uitgestuur is. Minute ná die aanvanklike aankondiging uitgestuur is, het die ministerie ʼn dringende boodskap uitgestuur om die verklaring te kanselleer.

Die polisie het kort daarna wel agt lede van ʼn groep, wat gevangenes van die gewapende Basque-separatiste ondersteun, in hegtenis geneem.

Die veelvoudige klopjagte in die noorde van Spanje is die jongste in ʼn veldtog teen die ETA. Die groep word blameer vir die afsterwe van 829 mense in ʼn vier dekade lange veldtog van skietvoorvalle en bomme vir ʼn onafhanklike Basque-staat in die noorde van Spanje en suidweste van Frankryk.

Die minister in die verklaring Gimeno geprys vir sy “professionalisme, lojaliteit en pligsbesef”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.