Drie amptenare van die departement van binnelandse sake het Dinsdag in die hof verskyn op aanklagte wat verband hou met korrupsie.
Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, sê Nomvula Magagula en Lungile Gezani is op borgtog van R7 000 elk vrygelaat en sal weer in Julie in die hof verskyn. Magagula en Gezani word daarvan beskuldig dat hulle onwettige paspoorte en dokumente uitgereik het. Sedibe sê daar is 37 paspoorte van onderskeie Afrika-lande in hulle besit gevind toe hulle in hegtenis geneem is. Die derde beampte, Khensani Marivate, is op borgtog van R1 000 vrygelaat en sal weer volgende maand in die hof verskyn. Marivate is in hegtenis geneem nadat daar vervalste dokumente in haar besit gevind is.