Staatsamptenare, sakemanne vas oor bedrog van R11 miljoen

Drie hoëprofiel staatsamptenare en twee sakemanne in die Oos-Kaap en Johannesburg is in hegtenis geneem na ʼn ondersoek rakende bedrog en korrupsie van sowat R11 miljoen.

ʼn Woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van gesondheid, Sizwe Kupelo, sê die inhegtenisnemings volg na ʼn interne ondersoek wat later aan die polisie oorhandig is. “Dit hou verband met dienste verkry, maar nie gelewer en behoorlike prosesse wat nie gevolg is nie.” ʼn Bestuurder van die Stad Johannesburg, Lawrence Boya, is Vrydag in hegtenis geneem en het reeds in die kommersiële misdaadhof verskyn. Hy was ʼn voormalige superintendent generaal in die Oos-Kaapse departement van gesondheid. Die direkteur en adjunk-direkteur van die Oos-Kaapse departement van gesondheid en twee sakemanne is Sondag in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag in die Oos-Londen landdroshof verskyn. Die aanklagte hou verband met bedrog en korrupsie ter bedra van R11,8 miljoen. Die verkryging hou verband met vier sakeplanne. Daar is ook ondersoek ingestel na die verkryging van R11 miljoen se hospitaaltoerusting wat nooit afgelewer is nie. In September verlede jaar is 42 personeellede van die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement afgedank vir verskeie misdrywe soos diefstal en bedrog. ʼn Ondersoek het ook gewys dat meer as ʼn 100 van die departement se beamptes maatskappye besit wat met die departement besigheid doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.