Staatsgetuie nie beskikbaar in Burry Stander-saak

Burry Stander

Burry Stander

Die verhoor van die minibustaxibestuurder wat glo die Olimpiese bergfietsryer, Burry Stander, doodgery het, moes Donderdag in die Port Shepstone-landdroshof uitgestel word omdat een van die staat se kenners nie die verhoor kon bywoon nie.

“Nie een van die betrokke partye in die saak het beswaar oor die uitstel aangeteken nie,” het Natasha Ramkisson-Kara, ʼn woordvoerder van KwaZulu-Natal se Nasionale Vervolgingsgesag, gesê. “Die saak is tot 19 Maart uitgestel.”

Njabulo Nyawose het Stander (25) na bewering op 3 Januarie tydens ʼn oefenrit by Shelley Beach aan die kus van KwaZulu-Natal raakgery.

Stander het by die 2012 Olimpiese Spele in Londen die vyfde plek in die bergfietsrywedren behaal. Hy het by die Beijing Spele, as 20-jarige, 15de geëindig. Hy het die daaropvolgende seisoen bekendheid verwerf toe hy die onder-23-titel in die Bergfiets Wêreldbeker ingepalm het.

In 2011 het Stander die eerste Suid-Afrikaner geword om die Cape Epic in die Wes-Kaap saam met mede-fietsryer, Christoph Sauser van Switserland, te wen. Die paar het hul titel in 2012 verdedig.

Lees ook:
Burry Stander-saak hervat
Burry Stander-saak terug hof toe
Burry Stander se familie soek antwoorde
Burry Stander: Klagtes voorlopig laat vaar
Argus-titels aan Burry opgedra
Video: Fietsryers ignoreer glo veiligheidsmaatreëls
Burry-gaping glo onprakties
Burry Stander ter ruste gelê
Burry Stander: Taximan op waarskuwing vry
“Ek is lief vir jou”
Video: Stander ‘meer as net ‘n kampioen’, sê pa
Burry Stander-ongeluk: Taxibestuurder word vervolg
Stander was ‘legende in wording’
Bekende bergfietsryer doodgery

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.