Staatshospitaal skok OB

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB) het Dinsdag ʼn staatshospitaal besoek en dit beskryf as “een van die ergste” wat sy tot dusver gesien het.

Mandonsela besoek vandeesweek die Noord-Kaap as deel van haar “nasionale belangegroep-dialoog” wat sy regoor die land doen.

“Die toestande by die Postmasburg-hospitaal is skokkend en eleurstellend,” het sy in ʼn verklaring gesê.

Sy het gesê hoewel die toestande by die hospitaal skokkend is, die personeel “ongelooflike mense” is wat in die erge toestande moet werk.

Die hospitaal het 45 beddens en slegs een dokter, nadat twee dokters twee maande gelede bedank het. Die hospitaal gebruik 95% van die beddens.

Die een dokter, wat omtrent nooit van diens af is nie, het slegs sewe professionele verpleegsters en 11 ingeskrewe verpleërs, wat agt uur skofte werk. Net een verpleegster is in die aande aan diens.

Gesondheidsbeampte het aan Mandonsela gesê planne is in plek gestel om twee ekstra permanente dokters aan te stel asook ʼn paar tydelike dokters, maar hulle sukkel om professionele gesondheidswerkers te kry. Een van die redes hiervoor is ʼn tekort aan personeelverblyf. Die dokter woon tans in ʼn motorhuis wat omskep is.

Die provinsie wag ook dat nagenoeg 50 dokters terugkeer van Kuba waar hulle gaan studeer het. Sommige van dié dokters gaan in die omgewing geplaas word.

Mandonsela het onderneem om die provinsie se owerhede te help om die probleme by die Postmasburg-hospitaal aan te spreek en seker te maak dat die planne implementeer word.

Mandonsela gaan Woensdag en Donderdag die Kimberley-omgewing besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Peter Vonk ·

Al die staathospitale in die land is skokkend.Bravo aan die Dr en personeel wat darem probeer.

Flash ·

Liewe tante Thuli moet tog gerus daar in Rustenburg se staatshospitaal gaan draai gooi.
Dan moet sy sommer vir die argitekte van Transformasie vra of hulle nou tevrede is?
Ons het die twyfelagtige voorreg gehad om, na ‘n ongeluk by Buffelspoort, met ‘n dogterjie wat seergekry het by die provisiale hospitaal op te daag in die hoop dat dit ‘n hospitaal is en ons daar mediese behandeling kon kry.
Die dogtertjies het toe die volgende daar gesien, wat seker vir goed op hulle breintjies ingeprent is:
* Vyf geselsende person wat by trauma eenheid ontvangs (nou skybaar a shebeen) op die toonbanke gesit en rook en drink het en ons totaal ge-ignoreer het.
* ‘n Sterfte van ‘n paramedikus wat elektriese skok opgedoen het in die ongevalle kamer. Twee ande paramedici het hom probeer bybring. Geen gordyne of afskortings nie – alles oop en bloot!
* ‘n Aanval van stuiptrekkings van ‘n ander persoon, wat skynbaar voor ons oë dood is sonder enige mediese hulp of aandag.
* Vuil gange.
* Geen beddegoed op bedde.
* Geen dokter.
* Geen verpleegster.
* Geen suster.
* Geen portier
* Geen hulp.

Gelukkig vlug ons toe daar uit. In desperaatheid het ons teen die tyd darem self die kind se bloeding gestop. Daar vind ons toe ‘n privaat hospitaal binne ‘n kilometer van die getransformeerde staatshospitaal.
Sy is binne minute gehelp, die wond verpleeg.
Sy het gelukkig vandag geen merk op haar gesig van die snye wat sy opgedoen het nie. As mens dink hoeveel pasiente sterf deesdae a.g.v. septicaemia is dit ‘n wonder dat enige persoon ooit lewendig uit daardie transformasie dodeselle uitstap.

Magda Kruger ·

Ons is bevoorreg hier in George om een van die beste provinsiale Hospitale in die land te kan gebruik. Stuur die patetiese Superintendente van die ander Hospitale in die land om te kom lesse neem by die George Hospitaalbestuur.

Lynette Coertze ·

welkom by die werkllikheid, wens al die ministers kon na die staatshospitale gaan, nie net om te gaan kyk hoe dit daar lyk nie, maar om daar te gaan le as hulle siek is, dan kan hulle sien in watter haglike toestande die hospitale en die diens daar werklik is. ek kan nie verstaan dat die staat nie meer moeite met die staatshospitale kan doen nie. Ongeag jou inkomste, moet jy nog steeds menslik behandel word en nie gediskrimineer word omdat jy nie ‘n mediese fonds het nie.

Naal de Koker ·

Die gevangenes moet eerder vir hulle straf hospitaal toe gestuur word in plaas van tronk toe!!!

renier de beer ·

I must comment on this artical and report on mseleni hospital. The staff and management got a handson attitude at this hospital. They are very from any big shopping centers and suppliers. They have allways give their best attention to us. What I realy appreciate is that the managent that move to the hall and talk to the patients to find the problems and the problems are adressed as soon as possible. We really apreciate it and keep the good work up

JAVR ·

O gaan asb na die Boksburg/Benoni hospitaal toe ook! Ek weet nie watter boy is nou vereer met die nuwe naam nie. Kan nie onthou nie. Mediese afval in die gange waarmee kinders speel terwyl hulle pasiente besoek, ou matrasse onder die sale se vensters buite gegooi waar die gras oor groei, mansgat buite wat se deksel gesteel is wat oop is reg by die ingang, al die vensters en deure se brass afgesteel, deure moet met slotte gesluit word. Pasient was hele nag op die grond lê na hy afgeval het, waarvan daar GEEN klokkies is nie, wat ek twyfel of die staff sou antwoord, wat hulle die volgende oggend DOOD opgetel het van die vloer. Ja hy het gelewe en geroep vir omtrent ‘n uur maar moes deur die nag opgegee het. Ou bloed wat op die vloere is, kokkerotte so groot soos rotte wat daar rondskarrel. ‘n Drip wat opgehang word by die pasient, maar nooit ingesit is nie. Hy meos lê en kyk vir die ding en hoop dit gaan hom beter maak. Pasient van aids het en op pad uit is in dieselfde saal as 4 ander pasiente. My swaer is dood as gevolg van hulle nalatigheid en ek hoop hulle almal in daardie hospitaal moet eendag sulke mediese behandeling kry soos wat hulle uitgedeel het. Ek is jammer maar die staf KAN ‘n verskil maak!

JJEls ·

Wat het van ons puik Mediese Universiteite wat eens Wereldwye aansien gehad het geword….Hoekom opleiding in Kuba ondergaan???

Klippie ·

Tussen sê en doen, lê vir die meeste politikuste ‘n ewigheid!

sarie ·

Kom.kyk bietjie by helderberg hospitaal in somerset wes in die weskaap kraam saal werkers behandel mense of hulle honde is vroue le en gil bloed strooi van vroue se bene adeure word net toe getrek en vroue moet maar op hulle eie klaar ontsluit en kraam hulle mans word nie eens by hulle toe gelaat nie net op 99% as kind uit kom en dan mis baie pa die geboorte!Dit persooneel is gevoel loos behandel vroue wat in kraam is soos nikswerd nie!By ontgevalle loop suster net verby mens wat kreun en steen dood net daar en dan wil hulle bring maar dan klaar te laat en moet hulle waag iets vra nie dan is hulle madams of trek hulle skouers op!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.