Staatshospitaal skok OB

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB) het Dinsdag ʼn staatshospitaal besoek en dit beskryf as “een van die ergste” wat sy tot dusver gesien het.

Mandonsela besoek vandeesweek die Noord-Kaap as deel van haar “nasionale belangegroep-dialoog” wat sy regoor die land doen.

“Die toestande by die Postmasburg-hospitaal is skokkend en eleurstellend,” het sy in ʼn verklaring gesê.

Sy het gesê hoewel die toestande by die hospitaal skokkend is, die personeel “ongelooflike mense” is wat in die erge toestande moet werk.

Die hospitaal het 45 beddens en slegs een dokter, nadat twee dokters twee maande gelede bedank het. Die hospitaal gebruik 95% van die beddens.

Die een dokter, wat omtrent nooit van diens af is nie, het slegs sewe professionele verpleegsters en 11 ingeskrewe verpleërs, wat agt uur skofte werk. Net een verpleegster is in die aande aan diens.

Gesondheidsbeampte het aan Mandonsela gesê planne is in plek gestel om twee ekstra permanente dokters aan te stel asook ʼn paar tydelike dokters, maar hulle sukkel om professionele gesondheidswerkers te kry. Een van die redes hiervoor is ʼn tekort aan personeelverblyf. Die dokter woon tans in ʼn motorhuis wat omskep is.

Die provinsie wag ook dat nagenoeg 50 dokters terugkeer van Kuba waar hulle gaan studeer het. Sommige van dié dokters gaan in die omgewing geplaas word.

Mandonsela het onderneem om die provinsie se owerhede te help om die probleme by die Postmasburg-hospitaal aan te spreek en seker te maak dat die planne implementeer word.

Mandonsela gaan Woensdag en Donderdag die Kimberley-omgewing besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ivor

Where are all the Cubans then?

Peter Vonk

Al die staathospitale in die land is skokkend.Bravo aan die Dr en personeel wat darem probeer.

Flash

Liewe tante Thuli moet tog gerus daar in Rustenburg se staatshospitaal gaan draai gooi. Dan moet sy sommer vir die argitekte van Transformasie vra of hulle nou tevrede is? Ons het die twyfelagtige voorreg gehad om, na ‘n ongeluk by Buffelspoort, met ‘n dogterjie wat seergekry het by die provisiale hospitaal op te daag in die hoop dat dit ‘n hospitaal is en ons daar mediese behandeling kon kry. Die dogtertjies het toe die volgende daar gesien, wat seker vir goed op hulle breintjies ingeprent is: * Vyf geselsende person wat by trauma eenheid ontvangs (nou skybaar a shebeen) op… Lees meer »

Ronell

As julle skokkenk wil sien gaan kyk na di staats hospitaal in Virginia Vrystaat.

Magda Kruger

Ons is bevoorreg hier in George om een van die beste provinsiale Hospitale in die land te kan gebruik. Stuur die patetiese Superintendente van die ander Hospitale in die land om te kom lesse neem by die George Hospitaalbestuur.