Staatsrede: “Zuma het te veel gejok” – EFF

President Jacob Zuma tydens die staatsrede van 2014. Foto: GCIS

President Jacob Zuma tydens die staatsrede van 2014. Foto: GCIS

Die EFF het Vrydag gesê president Jacob Zuma se staatsrede was “vol leuens” en hy het aanspraak gemaak op “maklike oorwinnings”.

“Daar was geen duidelikheid of Zuma die suksesse van 1994 aangehaal het of vandat hy in 2009 as president verkies is nie,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), in ʼn verklaring gesê. “Dit is belangrik om dit uit te lig, want daar is soveel teenstrydighede en leuens deur weglating in die 2014-staatsrede.”

Ndlozi sê die regering ná 1994 het misluk om werkloosheid onder 20% te laat daal. “Daar is geen volhoubare poste wat die ANC kan beweer hulle het geskep nie, aangesien die poste wat sedert 1994 geskep is, in die privaat- en publieke sektor plaasgevind het en boonop het die bevolking intussen gegroei.”

Hy sê Zuma beweer die regering bestry korrupsie, maar het versuim om die korrupsie en onbekwaamheid, wat die oprigting van Zuma se huis in Nkandla insluit, te erken.

“Zuma beweer hy veroordeel geweld tydens betogings, maar sy eie politieke party het petrolbomme en bakstene na die DA-betogers gegooi.”

Ndlozi sê Zuma se staatsrede is, soos alle vorige staatsredes, deurspek met leuens en maak aanspraak op maklike oorwinnings. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marieta ·

Hoor wie praat. Is dit nie einste Malema wat voordeel getrek het uit die korrupsie nie? Toe Malema huise ter waarde van miljoene afgebreek hrt om vit hom n paleis van meer as 16 miljoen rand te bou, hoekom het hy nie toe geprotesteer teen sy maatjie se korrupsie nie. Inteendeel, hy was die voorbok om hom te beskerm en n arme verguosde vrou in die openbaar vetder te verneder deur te se sy het n lekker tyd gehad. Dis hoeveel hy van vroue dink. Het hy gedink aan die “people” se “suffering” toe hy die ontvanger uit miljoene verkul het? Miljoene wat kon gebruik word om beter lewensomstandighede vir die “people” te skep. En steeds bewys malema se skapies hulle het nie twee breinselle om teen mekaar te vryf nie, deur steeds vir sy manipulasie en liegstories te val. Plaas spandeer hulle eerder die R32 om vir hulself of hul gesinne n koeldrank te koop. Dan betaal hulle ten minste nie om gekke van gemaak te word nie.

Eben ·

Marieta ek stem 100% saam jou, maar sit terug hier kom sports. Ek het reeds vir my n Lazy-Boy stoel gekoop ek wil lekker ontspan en terug sit met n spierverslappertjie en aansoek hoe duiwel hulle mekaar op. Weet ook net, malema se aandag sal altyd op die anc wees want dis die mense wat hom ‘benadeel’ het. zumie is sy doelwit en deur zumie se ‘toedoen’ is hy uitgeskop. Dus vriendin sit terug en geniet die skouspel! :-)

Kobus ·

Wanneer ek deur jou woordbou gemartel het maak jou kommentaar tog sin Eben.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.