
Die onlustepolisie is vroeër die week ingeroep toe stakende munisipale werkers chaos veroorsaak het in Kaapstad toe hulle rommel in die strate gestrooi het en vullisdromme aan die brand gesteek het. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA
ʼn Lid van die stad se burgemeesterskomitee vir korporatiewe dienste, Demetri Qually, sê volgens die interdik mag Samwu-lede nie aan geweld of intimidasie deelneem nie. Hy sê werkers in noodsaaklike dienste moet na hulle poste terugkeer en alle lede moet gehoor gee aan die reëls van betogings en stakings. Honderde Samwu-lede het vroeër die week chaos gesaai in Adderley straat toe hulle die straat vol rommel gestrooi het en vullisdromme aan die brand gesteek het. Die stad het intussen ook bekendgemaak dat stakende werkers vullisdromme van nagenoeg R92 000 vernietig het tydens die betoging. Stakende werkers in Pietermaritzburg het intussen die polisie daarvan beskuldig dat hy sy betoging probeer onderbreek het. Samwu eis ʼn 18% loonverhoging terwyl die Salga ʼn 6,8% verhoging aanbied.