Die provinsiale regering in die Vrystaat gaan besluit of hy die Seisa Ramabodu-stadion gaan herdoop na die Nelson Mandela-stadion.
Tate Makgoe, LUR vir onderwys, het by die gedenkdiens vir Mandela by die Christian Revival Church in Bloemfontein gesê die stadion in Rocklands, Bloemfontein, kan dalk herdoop word.
Ace Magashule, premier van die Vrystaat, het gesê inwoners van die Vrystaat sal dié besluit moontlik verwelkom. “Ons moet egter navorsing doen oor die geskiedenis van die stadion en terugvoer van die inwoners kry voor die besluit geneem kan word.”
Die stadion word tans teen R200 miljoen opgeknap.
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, was die hoofspreker by die ses uur lange gedenkdiens. Mantashe het die jeug herinner dat hul familie eerste moet kom. “Indien jy die nalatenskap van Nelson Mandela gestand wil doen, moet jy die waarde van familie waardeer.”
Ja nee kyk, alles wat tot dusver nog nie die naam Nelson Mandela gedra het nie, gaan dit in die toekoms dra Een van die dae verander hulle die land se naam van Suid-Afrika na Nelson Mandela.
En liewe Julius gaan weer alles verander sodra hy aan bewind kom.