Stadsamptenare in Gugulethu aangeval

Ses amptenare van die stad Kaapstad is aangeval en ʼn munisipale motor en skoonmaaktoerusting is aan die brand gesteek in die Kanana informele nedersetting in Gugulethu.

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het die aanval, wat glo Donderdag plaasgevind het, veroordeel. Die amptenare is glo deur die stad na die gebied gestuur om skoonmaakwerk te doen aangesien subkontrakteurs in die area tans in ʼn dispuut is met hul werkgewer oor salarisse. Sy sê die beamptes is verhoed om hulle werk te doen deur ontevrede voormalige werknemers. Van die inwoners was glo ook by die aanval betrokke. De Lille sê die beamptes is gehospitaliseer na die aanval maar is reeds ontslaan. Solly Malatsi, De Lille se woordvoerder, sê die stad oorweeg dit om aanklagte teen die skuldiges aanhangig te maak. “Dit is jammer dat stadsamptenare wat onmeetbare opofferings maak om te verseker dat alle inwoners toegang tot die hoogste moontlike vlak van dienste het deur ʼn minderheidsgroep geteiken word om hul eie belange te bevorder,” het De Lille gesê. “Die stad het in die afgelope finansiële jaar meer as R130 miljoen spandeer om infrastruktuur, wat onder vandalisme deurgeloop het, te vervang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.