Staggie op dagparool vrygelaat

Rashied Staggie toe hy  in September op dagparool vrygelaat is. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Rashied Staggie toe hy in September op dagparool vrygelaat is. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Rashied Staggie (57), die voormalige leier van die Hard Livings-bende in Kaapstad, is Maandag weer op dagparool vrygelaat.

Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, sê Staggie se dagparool sal tot 17 September geld wanneer hy vir vol parool sal kwalifiseer tot sy vonnis in 2017 uitgedien is. Wolela sê Staggie se dagparool gaan met streng voorwaardes gepaard waaronder geen kontak met bendelede en slagoffers nie en dat hy nie alkohol of dwelms mag gebruik nie.

Staggie is op 23 September op dagparool vrygelaat maar dit is in Desember teruggetrek nadat hy glo sy paroolvoorwaardes oortree het. Staggie is in 2003 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van ontvoering en verkragting. In 2004 is hy tot 13 jaar tronkstraf gevonnis weens wapendiefstal. Die vonnisse is gelyklopend uitgedien en hy het 11 jaar tronkstraf uitgedien voor hy die eerste keer op dagparool vrygelaat is.

Lees ook:
Staggie kry weer dagparool
Staggie sy parool kwyt
Staggie: Van geharde bendeleier tot skoonmaker

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.