Staggie sy parool kwyt

Rashied Staggie toe hy  in September op dagparool vrygelaat is. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Rashied Staggie toe hy in September op dagparool vrygelaat is. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Rashied Staggie (57), die voormalige leier van die Hard Livings-bende in Kaapstad, se dagparool is Donderdag teruggetrek.

“Die departement van korrektiewe dienste (DKD) bevestig dat die oortreder, Staggie, vanoggend by sy werkgewer in hegtenis geneem is en hy word tans by die Pollsmoor-gevangenis aangehou,” het Manelisi Wolela, ʼn woordvoerder van die DKD, gesê. “Ons glo dat hy sy paroolvoorwaardes oortree het.”

Wolela het gesê die saak word ondersoek en normale prosedures word gevolg hangende die uitkoms van die ondersoek. Staggie moet ook voor die gevalbestuurskomitee en die paroolraad verskyn.

Staggie is in 2003 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van ontvoering en verkragting. In 2004 is hy tot 13 jaar tronkstraf gevonnis weens wapendiefstal. Die vonnisse is samelopend uitgedien, en hy is in September op dagparool vrygelaat wat tot Maart 2014 sou duur.

Lees ook:
Staggie: Van geharde bendeleier tot skoonmaker

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.