Rashied Staggie (57), die voormalige leier van die Hard Livings-bende in Kaapstad, se dagparool is Donderdag teruggetrek.
“Die departement van korrektiewe dienste (DKD) bevestig dat die oortreder, Staggie, vanoggend by sy werkgewer in hegtenis geneem is en hy word tans by die Pollsmoor-gevangenis aangehou,” het Manelisi Wolela, ʼn woordvoerder van die DKD, gesê. “Ons glo dat hy sy paroolvoorwaardes oortree het.”
Wolela het gesê die saak word ondersoek en normale prosedures word gevolg hangende die uitkoms van die ondersoek. Staggie moet ook voor die gevalbestuurskomitee en die paroolraad verskyn.
Staggie is in 2003 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van ontvoering en verkragting. In 2004 is hy tot 13 jaar tronkstraf gevonnis weens wapendiefstal. Die vonnisse is samelopend uitgedien, en hy is in September op dagparool vrygelaat wat tot Maart 2014 sou duur.
Ek het n tyd terug gesê, “hou hierdie spasie dop”