Staggie: Van geharde bendeleier tot skoonmaker

Rashied Staggie toe hy Maandag op dagparool vrygelaat is. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Rashied Staggie toe hy Maandag op dagparool vrygelaat is. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Rashied Staggie (57), die voormalige leier van die Kaapstadse Hard Livings-bende, wat tans uit is op dagparool, gaan glo van vandag af as ʼn algemene skoonmaker by ʼn kantoor in Belville werk, het Beeld Donderdag berig.

Staggie is in 2003 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van ontvoering en verkragting. In 2004 is hy tot 13 jaar tronkstraf gevonnis weens wapendiefstal. Die vonnisse is samelopend uitgedien, en hy is Maandag op dagparool vrygelaat wat tot Maart 2014 sal duur.

Past. Ivan Waldeck (46), eienaar van Ukonwaba Investments, het Woensdag gesê hy het ’n brief wat bevestig dat hy Staggie permanent in diens gaan neem aan die departement van korrektiewe dienste oorhandig.

“Hy sal as algemene skoonmaker werk aangesien hy geen vorige werksondervinding het nie. Hy sal op 26 September begin werk. Sy werktye is van 08:00 tot 16:30,” het Waldeck gesê.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Amy ·

Dis darem lekker. Uit die tronk en dadelik ‘n werk. Wat van die jongmense in ons kerk wat al jare werk soek, (skoon rekord) en niks kry nie. En o ja, hulle het al vir my gesê hulle sal ENIGIETS doen, net om te help om kos op die tafel te sit. Ons kerk is multikultureel, soos die jongmense van alle rasse en agtergronde.

Lyk my tronkstraf is deesdae ‘n vereiste voor jy kan werk kry. Maak my siek!!!!

Vas Vat ·

Maroela, julle het vanmore kommentaar wat ek geplaas het verwyder sonder dat ek die gewaagde woord wat elders hierbo genoem word geplaas het.Ek het kommentaar gelewer tov die ipod.Teiken julle net sekere mense op die forum ??? Julle het buitendien almal wat hier was verjaag.Sou graag van julle verneem wat die probleem is ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.