Stakende munisipale werkers veroorsaak chaos in Kaapstad

Die onlustepolisie kyk toe terwyl stakende werkers asblikke aan die brand steek tydens 'n optog in Kaapstad. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Stakende munisipale werkers het Dinsdag chaos gesaai in die Kaapse middestad toe hulle rommel in die strate gestrooi het en paaie met brandende bande versper het.

Verskeie motors se vensters is uitgeslaan terwyl asblikke aan die brand gesteek is in Adderley straat. Die ontlustepolisie is onplooi om die oproerige stakers uiteen te jaag. Die ingang na die parlement, wat aan die bokant van Adderley straat geleë is, is afgesper. Die staking deur munisipale werkers het Maandag begin nadat onderhandelinge met die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regerings (Salga) op ʼn dooiepunt uitgeloop het. Salga bied ʼn loonverhoging van 6,08% aan, terwyl Samwu 18% of R2 000 eis. Volgens die polisie is minstens 13 mense in hegtenis geneem en elk ʼn boete van R500 opgelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.