Stakende plaasarbeiders steek wingerde glo aan die brand

Betogers het verskeie wingerde langs die N1-snelweg in De Doorns in die Wes-Kaap glo aan die brand gesteek weens ‘n tekort aan poste.

Honderde mense, glo plaasarbeiders en persone wat werk soek, het die snelweg tussen De Doorns en Touwsrivier blokkeer, berig EWN. Daar is sowat 100 plase in die omgewing wat hoofsaaklik druiwe vervaardig. Porchia Adams, woordvoerder van Agri Wes-Kaap, het gesê dit is nog nie duidelik waarom die mense betoog nie. “Die betogers het onder andere aangedui dat dit oor werk handel wat hulle nie het nie. Hulle steek nou wingerde aan die brand, so dit is bietjie verwarrend,” het Adams gesê. Die polisie patrolleer tans die gebied. Volgens Adams was die situasie “chaoties”. “Die wingerde is aan beide kante van die snelweg, wat dit baie moeilik maak om die betogers te beheer.”

Die pad was vroeër gesluit vir verkeer, maar is intussen weer oopgemaak.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

H M Wilters ·

Klomp kriminele. Hulle soek nie werk nie want hulle brand dit af.

Dirk J. Coetzee ·

Sies! Die duiwel is behoorlik los. Solank hierdie boewe nie op hulle plek gesit word nie, sal dit so gaan. Maar wie moet reg laat geskied? Het ons land só iemand?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.