Stakende PTA-metropolisie moet terugkeer werk toe

Argieffoto: tshwane.gov.za

Alle stakende Tshwane-metropolisiebeamptes moet Maandag terug wees by die werk of daar gaan dissiplinêr teen hulle opgetree word.

Die Johannesburgse arbeidshof het Vrydag ʼn interdik aan die Tshwane-metropolisie toegestaan om beamptes te verbied om aan ʼn onwettige staking deel te neem.

Maroela Media het vroeër berig sekere beamptes staak al sedert Woensdag, op Werkersdag, om teen ʼn nuwe skofstelsel te betoog. Lees meer hier.

Console Tleane, die metropolisie se woordvoerder, sê hulle het die interdik bekom omdat die staking onwettig is omdat metropolisiebeamptes se dienste as “noodsaaklik” geklasifiseer word.

Die hofbevel is met onmiddellike effek uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.