Staking by Delmas-hospitaal

Werkers by die Bernice Samuel-hospitaal in Delmas, Mpumalanga het begin staak omdat hulle glo nie oortydbetaling ontvang het nie.

“Dit is krities dat die hospitaal so gou as moontlik sy normaal funksioneer,” het James Masango, provinsiale hoofsweep van die Demokratiese Alliansie (DA) in ‘n verklaring gesê. Die departement van gesondheid in Mpumalanga was nie dadelik beskikbaar om kommentaar oor die saak te lewer of te bevestig dat die werkers wel staak nie. Die bestuur van die hospitaal kon ook nie vir kommentaar bereik word nie.

“Die onnodige staking het bestuur van die hospitaal gedwing om slegs noodgevalle op te neem en te behandel, terwyl alle algemene opnames en buite pasiënte weggewys word,” het Masango gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.