Staking by poskantoor in Pretoria

Posverspreiding in en rondom Pretoria word weens ‘n onwettige staking deur poskantoorwerkers beïnvloed.

Werkers by die poskantoor se Tshwane-tak het aan die begin van Oktober begin staak en verhoed dat pos nou die onderskeie bestemmings bereik, berig EWN. Ontstoke klante het hul nou na verbruikerswebwerwe gewend, aangesien hulle nie betekenisvolle terugvoer van die poskantoor ontvang nie. Die dispuut handel oor werksure.

Beamptes kon nie vir kommentaar bereik word nie, maar ‘n verklaring op die poskantoor se webwerf bevestig die onwettige staking. Bestuur sê gebeurlikheidsplanne word tans ondersoek om die agterstand te hanteer, maar daar is nog nie ‘n aanduiding wanneer dié staking tot ‘n einde sal kom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eunice Joubert ·

Hi, was vanoggend by die posbus….nog geen pos vir 2 weke nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.