Staking by Poskantoor verby

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Staking deur werkers by die Suid-Afrikaanse Poskantoor het tot ʼn einde gekom.

“Die SA Poskantoor en verteenwoordigers van die stakende werkers het gister ʼn ooreenkoms by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) onderteken,” het Johan Kruger, woordvoerder van die Poskantoor, in ʼn verklaring gesê. Kruger sê werkers het Woensdag teruggekeer werk toe en dat posverspreiding weer soos normaal voortgaan. Hy sê hulle hoop om die agterstand binne twee weke in te haal. Kruger sê hulle sal nagskofte instel om posverspreiding te bespoedig. Die Poskantoor se werkers het op 27 Januarie met ʼn onwettige staking begin. Kruger sê die beginsel van geen-werk-geen-betaling sal geld. Hy sê minder as 100 werkers in Durban, KwaZulu-Natal staak steeds.
President Jacob Zuma het vroeër die maand die spesiale ondersoekeenheid versoek om bewerings van ernstige wanadministrasie by die Poskantoor te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Wonder hoeveel e-toll rekeninge wag vir die mense … gie gie gie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.