Staking by Toyota

Werkers by Toyota se Boshoku-aanleg in Durban gaan van Woensdag af begin staak.

“Sowat 480 lede van die Metaalwerkersunie van Suid-Afrika (Numsa) dring aan op ʼn R1 500 “retensie”-bonus,” het Mbuso Ngubane, die unie se streeksekretaris, gesê.

Die fabriek vervaardig sitplekke en deurrame vir Toyota-voertuie. Die Durbanse arbeidshof het die werkers die reg gegee om op die beskermde staking te gaan.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.