Werkers by die County Fair Chicken-fabriek in Stellenbosch in die Wes-Kaap beweer hulle is met verfballe bestook terwyl hulle betoog het.
Die werkers beweer sekuriteitswagte het op hulle losgebrand tot hulle Maandag buite die Muldersvlei-kantore betoog het, berig die Cape Argus. Sowat 100 mense het op die R304 buite die kantoorblok byeengekom en stadig marsjeer. Hulle het glo gesing, en stokke, sambokke en plakkate rondgeswaai. Die groep dring aan op R1 500 per week. Hulle beweer hulle ontvang tans R499 per week ná aftrekkings.
Die staking het verlede week Woensdag begin, maar werk het nie by die fabriek opgehou nie. Werkers beweer tydelike personeel is met busse aangery.
“Ons het hierdie jaar nog niks oor verhogings gehoor nie. Ons het niks nie, en hulle bly stil,” het ʼn werker glo gesê.
Theo Delport, direkteur van Astral Foods, het gesê hulle probeer kop bo water hou. “Die hoenderbedryf is tans in ʼn krisis en vaar nie baie goed nie. Dit gaan alles oor bekostigbaarheid, maar dit help nie ons saak indien stakers eiendom beskadig nie,” het Delport gesê. Hy ontken dat skote deur sekuriteitswagte gevuur is.
Soos dit nou aan gaan eet niemand kersfees nie.