Staking in steenkoolsektor duur voort

Foto: GCIS

Die vakbond Solidariteit sê onderhandelinge in die steenkoolsektor sal Dinsdag voortgaan. Solidariteit, NUM en Uasa neem aan die staking deel.

Die Kamer van Mynwese, wat namens die werkgewers onderhandel, het verlede week ʼn gewysigde aanbod van 8,5 persent vir intreevlak en ʼn 7 persent vir ander werknemers ter tafel gelê. Uasa en NUM dring aan op ʼn 14 persent verhoging terwyl Solidariteit ʼn 12 persent verhoging vereis. Intussen is vier mense gewond toe die polisie na bewering met rubberkoeëls losgebrand het op stakende werkers by De Beers se Venetia Diamantmyn buite Musina in Limpopo. Eskom sê hy het 38 dae se steenkoolvoorrad by kragstasies regoor die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.