Staking raak Madiba-huis

Oud-president Nelson Mandela

Oud-president Nelson Mandela

Oudpresident Nelson Mandela se huis in Houghton, Johannesburg, is Woensdagaand in donkerte gehul toe werkers van City Power met ʼn onwettige staking begin het en glo die kragtoevoer afgesny het.

Mandela word by sy huis in Houghton met masjiene aan die lewe gehou.

ʼn Inwoner het aan The Star gesê die kragonderbreking het omstreeks 20:00 begin. The Star berig toe hulle joernaliste om 20:45 by die toneel opgedaag het, kon hulle ʼn kragopwekker binne Mandela se perseel hoor.

Die koerant berig teen 21:30 het subkontrakteurs van City Power ʼn groot kragopwekker van ʼn swaarvoertuig by ʼn substasie naby Mandela se huis afgelaai. Die kragopwekker is aan die stasie gekoppel en teen 23:16 het die gebied weer kragtoevoer gehad, en is die kragopwekker by Mandela se huis afgeskakel.

Dit was die derde aand wat Mandela by sy huis spandeer het sedert hy Sondag in ʼn kritieke maar stabiele toestand uit die Medi-Clinic Harthospitaal in Pretoria ontslaan is.

Verskeie dele van die stad is deur die kragonderbreking geraak en dit het Woensdag chaos in die stad veroorsaak. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Erich Goosen ·

As die bewerings waar is dat stakende City Powers werkers die krag afgesny het behoort daar genadeloos teen die spul opgetree te word aangesien dit niks minder as sabotasie is nie. Wat is dit met die werkers van die land dat hul ons ekonomie wil verwoers. Is hulle so onnosel dat hulle nie kan insien dat hulself en hul families net so swaar gaan ly onder hul optrede nie. Ons produktiwiteit het reeds ‘n alle tye laagtepunt bereik en dit voorspel net elende vir almal.

Trippie ·

Bwahahahahaha !!!!!

So what as sy huis in donkerte gehul was ? Daar by sy ancestors is alles anyway donker !

E VENTER ·

Hierdie is DIE pong dorp ‘n skande soms geen water geen krag geen telkom, so ons moet pong van al die skandes. Jammer ons is op die map van Suid-Afrika. Klein plekkie in Limpopo maar tog is ons DIE Vakansie Oord dorp.

Eben ·

Kry vir jou mandela dis mos die land wat jy voor gesit het Dis die land wat JOU gespuis tot in die afgrond in bestuur het. Net jammer jy weet nie wat om jou aangaan om dit te geniet

Stoere Boer ·

Wat ek nie kan verstaan nie is na al die onderhandelinge, stakings, werksverliese en al die probleme word Top Bestuur beloon met reuse salaris verhogings. Wat die werkers sien is hy moet alles “gee” (wat 90% in elk geval nie doen nie) en bestuur word ryk. Waar is die dae wat salarisse trapsgewys tussen range verskil het. Nou is dit verdiepingsgewys. Ek praat geen staking goed nie want dit bly ‘n euwel wat die ekonomie knou maar hoekom moet top bestuur hulle sulke groot verhogings kry.

Andre Schutte. ·

Hoekom verwys Maroela Media na Nelson Mandela as Madiba? Is Maroela, soos Naspers, in die ANC se gatte opgekruip?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.