Stakings kring na goudsektor uit

Werkers in die goudbedryf gaan ook moontlik begin staak. Die National Union of Mineworkers (NUM) het die Kamer van Mynwese in kennis gestel dat werkers in die goudsektor Donderdag sal begin staak nadat onderhandelinge Maandag op ʼn dooiepunt uitgeloop het.

Werkers in die steenkoolbedryf staak reeds die afgelope paar dae nadat hulle die werkgewers se loonaanbod verwerp het. NUM en UASA dring aan op ʼn verhoging van 14 persent terwyl Solidariteit ʼn 12 persent verhoging vereis. Vakbonde waarsku dat die stakings ʼn invloed kan hê op elektrisiteitsvoorraad. Onderhandelinge in die steenkoolbedryf duur Donderdag voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.