Stallone-dood: Geen vuilspel vermoed

Sage Stallone

ʼn Lykskouer het aan die media bevestig dat daar geen teken is dat iemand betrokke was by die dood van Sage Stallone (36), Sylvester Stallone se seun, nie.

Maroela Media het Vrydag berig dié aspirant akteur en rolprentmaker is die oggend deur ʼn huishulp dood aangetref in sy huis in Hollywood, Los Angeles.

“Familie en vriende was bekommerd omdat hulle nie die vorige dag iets van hom gehoor het nie. Die huishulp het gaan ondersoek instel en op hom afgekom,” het George Braunstein, die gesin se prokureur, gesê. “Dit is ‘n tragedie. Hy was ‘n jong, talentvolle rolprentmaker en aangename mens.”

Ed Winter, assistent-hooflykskouer van Los Angels, het gesê voorskrifmedisynebottels is in sy huis gevind. Hy wou egter nie sê hoeveel bottels, watter soort medikasie dit was en of dit moontlik ’n rol in sy dood gespeel het nie. Geen selfmoordbrief is gevind nie. ’n Lykskouing sal binnekort gedoen word. Volgens Winter kan dit weke lank duur voor die uitslae bekend is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.