Stamselburger te laat?

‘n Video oor die stamselburger volg onderaan die berig.

Gaan die stamselburger oor sowat 20 jaar te laat kommersieel ontwikkel wees om met die vegetariese Mc2burger van Nederland te kan meeding?

Die stamselburger het onlangs nuuswaardigheid verkry toe die Nederlander, Mark Post van die Universiteit Maastrich, daarin geslaag het om beesvleis van stamselle te kweek. Die kweek van  vleis sonder om diere daarvoor dood te maak, is nie ‘n nuwe konsep nie. Die stamselvleis ontwikkel nie al die kenmerkende weefsel van natuurlike vleis, soos are en ligamente nie, en word daarom eintlik net as maalvleis en byvoorbeeld hamburgers in die vooruitsig gestel.

In ‘n opiniestuk in Trouw meen Jaap Korteweg egter dat die tegnologie om vegetariese vleis te ontwikkel, reeds te ver ontwikkel is dat die stamselvleis dit sal kan inhaal. Die Vegetariese Slagter gaan nou sy Mc2burgers in ‘n kop aan kop proe-sessie in Londen teen die Ogilvy PR-stamselburger te staan laat kom. Korteweg meen die tegnologie om vegetariese vleis na die ware Jakob te laat proe is al baie ver ontwikkel. Volgens die nuutste aansprake kan selfs fynproewers ook nie meer die verskil proe tussen natuurlike hoendervleis, en die vegetariese weergawe nie.

By ‘n geheime bymekaarkomplek in Londen sal ‘n uitgelese klompie joernaliste kan meedoen aan die proses om te kyk watter soort burger die naaste aan ‘n regte beesvleisburger proe, en watter die beste tekstuureienskappe het. Korteweg skryf dat die mensdom lank nie meer meen perde is nodig om perdekrag op te wek nie, en nou het die tyd aangebreek dat die mensdom ook aanvaar beeste is ook  nie meer nodig om mense aan burgers te laat smul nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Melissa ·

“I need to know that it had a face” – Ag asseblief tog Oomie! Daai arme dier met ‘n gesig moes suffer sodat jy hom kan vreet, irriot!

Jaco Griesel ·

Dis hoekom ek my eie beeste het. Ek kan die goed skiet en slag vir ‘n ordentlike burger, eerder as om ‘n McLabRish Burger te eet…

leana ·

Weet darem ou nie of ek so lus gaan wees vir daardie burger nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.