Stander-saak: Taxi-bestuurder in hof

Burry Stander. Foto: Facebook

Burry Stander. Foto: Facebook

Die taxi-bestuurder wat glo die Olimpiese bergfietsryer, Burry Stander, doodgery het, het Donderdag in die Port Shepstone-landdroshof verskyn.

Natasha Ramkisson, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die saak is tot 27 Februarie 2014 uitgestel. “Die verdediging het die uitstel versoek vir redes buite hulle beheer. Die aansoek is nie deur die staat teengestaan nie.” Njabulo Nyawose het Stander (25) glo op 3 Januarie vanjaar doodgery terwyl hy in Shelley Beach aan die KwaZulu-Natalse suidkus fietsgery het. Die saak teen Nyawose is vroeër die jaar teruggetrek maar later weer ingestel.

Stander het verlede jaar by die Olimpiese Spele in Londen vyfde in die veldren geëindig. In 2011 het Stander die eerste Suid-Afrikaner geword om die Cape Epic-ren in die Wes-Kaap te wen en het hy en sy spanmaat dit weer verlede jaar gewen.

Lees ook:
Burry Stander-saak terug hof toe
Burry Stander se familie soek antwoorde
Burry Stander: Klagtes voorlopig laat vaar
Argus-titels aan Burry opgedra
Video: Fietsryers ignoreer glo veiligheidsmaatreëls
Burry-gaping glo onprakties
Burry Stander ter ruste gelê
Burry Stander: Taximan op waarskuwing vry
“Ek is lief vir jou”
Video: Stander ‘meer as net ‘n kampioen’, sê pa
Burry Stander-ongeluk: Taxibestuurder word vervolg
Stander was ‘legende in wording’
Bekende bergfietsryer doodgery

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.