Stapper het glo gegly

Robert Barclay. Die foto is die oggend voor hy vermis geraak het geneem. Foto: Facebook

Robert Barclay (23), die stapper wat sedert Saterdag vermis was en wie se liggaam gister in die Bainskloof-natuurreservaat in die Wes-Kaap opgespoor is, het moontlik gegly en na sy dood geval.

Anton Bredell, LUR vir omgewingsake in die Wes-Kaap, sê Barclay het glo op die rand van ʼn waterval gegly en geval. “Hy het glo hoogtevrees gehad. Dit beklemtoon weer die belangrikheid daarvan om op ‘n verantwoordelike wyse op te tree wanneer daar in die berge in ons provinsie gestap word.” Bredell het sy meegevoel betuig met Barclay se familie. Barclay, oorspronklik van Rondebosch in Kaapstad, het van Botswana ingevlieg en saam met vriende in ʼn lodge by Eerste Tol gebly. Hy het omstreeks 18:00 Saterdagaand vir ʼn stap gegaan en het nooit teruggekeer nie. Keri Davids, woordvoerder van die nooddienste, sê Barclay se liggaam is vroeg Dinsdagoggend in ʼn Kloof van sowat 250m diep gevind. ʼn Reddingspan het sowat twee uur geneem om Barclay se liggaam uit die kloof te verwyder. Bredell sê intussen dat die polisie ondersoek Barclay se presiese oorsaak van dood sal bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.