Stasiebevelvoerder, paartjie vas oor ammunisie

Foto: Argief

ʼn Limpopo-stasiebevelvoerder en ʼn paartjie is gister in hegtenis geneem vir die besit van en handel in ammunisie.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê die stasiebevelvoerder is gister in Warmbad in hegtenis geneem terwyl hy in ʼn vergadering was. Meer as 500 rondes ammunisie is vroeër by sy huis gevind. Sy beweerde medepligtiges is vroeër die middag by die Kolonnade-winkelsentrum in Montana, Pretoria in hegtenis geneem waar hulle glo wapens aan ʼn koper sou verskaf. Meer as 10 500 rondes ammunisie is in die paartjie se Fiat Uno gevind. Ramaloka sê die 43-jarige stasiebevelvoerder het na bewering die ammunisie aan misdadigers verskaf. Die drie beskuldigdes sal na verwagting Woensdag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Philippus Badenhorst ·

Ons boeremag lede word toegesluit…verhoor afwagtend in tronke….in besit van wapens en ammo, om ons mense te help beskerm teen misdaad. Hulle voorsien/verkoop wapens en ammo aan misdadigers…hoe kry jy die kloutjie by die oor…?

Wena catherina Coetzee ·

Sulke lae gemene gemorste, Geen wonder moorde neem toe nie……..Hoeveel bloed sit nie op hul hande nie ? Hulle moet die doodstraf kry met geen verhoor nie………Dan ry hul nog in die swakste van swakste motors op die pad…………

Elize ·

Ditsem, vir ses maande het ons gesit en wag en bespiegel en toe word jy vas getrek. Jy het beslis jou hand oorspeel, hulle vergeet om “poaching” by jou klagstaat te voeg…….Ek glo dat die gemeenskap nou rustiger sal slaap oor jou…………….kastige lid van die SAPD maar eintlik ‘n deur trapte skelm. Jou huis, salaris en alles is na die maan deur jou gierigheid, jy het ‘n konings “joppie” gehad maar dit deur jou agterstewe getrek weens jou gierigheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.