Stasiebevelvoerder skuldig aan verkragting

Argieffoto

Michael Paulse, ʼn voormalige stasiebevelvoerder van die Melkbos-polisie, is Donderdag skuldig bevind dat hy ʼn vrou verkrag het en ʼn ander seksueel aangerand het, terwyl hulle in aanhouding was.

Paulse, wat ʼn inspekteur was toe die voorvalle vier jaar gelede plaasgevind het, is deur landdros Sabrina Sonnenberg in die Bellville-streekshof skuldig bevind.

Die vrou wat verkrag is, was in aanhouding vir die beweerde besit van dwelms. Die vrou wat aangerand is, was in aanhouding vir bedrog.

Sonnenberg het gesê die voorvalle het ‘n paar dae ná mekaar plaasgevind, terwyl Paulse die stasie se bevelvoerder was. Hy het sy amptelike polisieuniform gedurende die voorvalle aangehad, sonder sy naamplaatjie. Albei slagoffers was alleen in hul selle en hy het hulle onwettig toegelaat om te rook en hulle selfs van sigarette voorsien.

Paulse se borgtog is verleng, maar is van R1 000 na R6 000 verhoog. Hy kon Donderdag egter nie die ekstra R5 000 betaal nie en is na die polisieselle geneem. Die saak is uitgestel tot 27 Julie wanneer hy gevonnis gaan word.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.