Stedelike tol glo onafwendbaar

Die vakbondfederasie Cosatu het Dinsdag gesê dit is onafwendbaar dat stedelike tol nasionaal ingestel gaan word.

Cosatu het ʼn voorlegging by die Portefeuljekomitee vir Vervoer ingedien, waarin hy versoek dat die Vervoer en Verwante Aangeleenthede Wysigingswetsontwerp teruggetrek moet word, berig EWN. Dié voorgestelde wet sal tolhekke bestuur. Jane Barrett, woordvoerder van Cosatu, het gesê dit is net ʼn kwessie van tyd voordat stedelike tol regoor die land ʼn werklikheid word. Sy het die voorgestelde wet kritiseer dat dit afgejaag is en deel is van ʼn projek om e-tol te wettig. “Hierdie wetsontwerp dui op die voorneme om e-tol regoor die land in te stel,” het Barrett gesê.

Barrett het die regering kritiseer dat hulle nie genoeg doen om gehalte openbare vervoer beskikbaar te stel nie. Sy het dit “pad-segregasie” genoem. Sy het aan die LPs verduidelik dat stedelike tol die armes gaan dwing om van alternatiewe paaie gebruik te maak en dat dit ʼn inbreuk maak op die beginsel van vryheid van beweging.

Cosatu hoop dat die tolstelsel in Mangaung tydens Desember bespreek sal word.

Die openbare konsultasieproses sal 30 dae duur waarna Ben Martins, minister van vervoer, 14 dae sal hê om oor die toekoms van e-tol te besluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.