Steierwerk val op toeriste by V&A Waterfront

Argieffoto: capetownpartnership.co.za

Twee toeriste van Namibië is ernstig beseer nadat steierwerk by die V&A Waterfront in Kaapstad op hulle geval het.

Danita Swanepoel (23) en haar man, Drikus, het Saterdagaand na die groot wiel gestap toe ‘n deel van die steierwerk op hulle geval en vasgepen het. Die steierwerk was sowat 12 meter lank en 5 meter hoog.
“Al wat ek onthou, is dat ons voor die wiel verby gestap het en die volgende oomblik het ek op die grond wakker geword. My man was langs my. Ons weet nie wat gebeur het nie. Ek het baie pyn gehad,” het Danita gesê. Die paartjie word vir kop- en beenbeserings in die hospitaal behandel.

Die steierwerk is gebruik as deel van die registrasiepunt vir deelnemers aan die Absa Cape Epic-bergfietstoer. Arbeiders was besig om die steierwerk te verwyder toe dit geval het. Tanya Odendaal, woordvoerder van die Absa Cape Epic, het gesê die voorval word ondersoek.
Carla White, woordvoerder van die V&A Waterfront, het gesê hulle sal hul volle samewerking gee.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.