Stellenbosch-brand: Plunderaars steel toilette

Foto deur die gebruiker @kabloemski op Twitter gelaai

Plunderaars trek voordeel uit ‘n brand in ‘n informele nedersetting in Stellenbosch deur die mobiele toilette vir die dakloses te buit.

Twee mense is dood en sowat 1 357 plakkershuise is vernietig in die brand wat Vrydagoggend by Kayamandi uitgebreek het. “Dertig mobiele toilette is Vrydag beskikbaar gestel vir die dakloses, maar teen Saterdag was daar slegs vyf oor,” het Conrad Sidego, burgemeester van Stellenbosch, aan die Weekend Argus gesê. Hy doen ‘n beroep op die plaaslike inwoners om verantwoordelikheid te toon, en voeg by dat die munisipaliteit “nie ‘n slagoffer-mentaliteit wil bevorder nie”.

Meer as 3 000 mense is tans dakloos. Die brandweer vermoed die oorsaak van die brand is ‘n kers wat omgeval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.