Stellenbosch-brandweerhoof aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

Lizaan Morta (44), die hoof van Stellenbosch se munisipale brandweer, het Vrydag in die landdroshof in Bellville verskyn op aanklag van korrupsie.

Morta is Donderdag in hegtenis geneem en op borgtog van R1 000 vrygelaat. Die saak is tot 7 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek en om Morta die geleentheid te bied om regsverteenwoordiging te bekom.

Staatsaanklaer Jannie Knipe van die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Bellville het aan die hof gesê Morta is tydens ‘n klandestiene operasie aangekeer nadat sy glo R14 000 van ‘n diensverskaffer aan die brandweer in Stellenbosch ontvang het. Die klagstaat het nie besonderhede verskaf waarom die klandestiene operasie gereël is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jasper

Soe, eina ! Toe verbrand sy haar vingers !

vuurvreter

Hahaha jasper glo my sy weet nie eers hoe lyk of werk n brandweer wa nie. Ek het haar al gesien want ek bly in Stellies.

a.lombard

Ek begryp nie sommige kommentare nie, ek woon 15 minute vanaf Stellenbosch. Die inwoners die klae moet seker maak dat wanneer iemand in hierdie belangrike pos aan gestel word…die persoon oor die regte opleiding beskik , skool opleiding, selfs studie van die taak., Die grootste probleem is dat Ons indien hierdie pos gevul moet word, moet versoek dat ‘n ONAFHANKLIKE evaluering van die kandidate moet gebeur deur persone uit die publiek. Die aanstelling is gewoonlik vriende politiek. Stellenbosch se inwoners skreeu/gil/ op papier…maar waarom wandel hulle nie na die regte kantore nie in massas en dring aan op verandering( ‘n… Lees meer »