Stellenbosch-brandweerhoof aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

Lizaan Morta (44), die hoof van Stellenbosch se munisipale brandweer, het Vrydag in die landdroshof in Bellville verskyn op aanklag van korrupsie.

Morta is Donderdag in hegtenis geneem en op borgtog van R1 000 vrygelaat. Die saak is tot 7 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek en om Morta die geleentheid te bied om regsverteenwoordiging te bekom.

Staatsaanklaer Jannie Knipe van die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Bellville het aan die hof gesê Morta is tydens ‘n klandestiene operasie aangekeer nadat sy glo R14 000 van ‘n diensverskaffer aan die brandweer in Stellenbosch ontvang het. Die klagstaat het nie besonderhede verskaf waarom die klandestiene operasie gereël is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

vuurvreter ·

Hahaha jasper glo my sy weet nie eers hoe lyk of werk n brandweer wa nie. Ek het haar al gesien want ek bly in Stellies.

a.lombard ·

Ek begryp nie sommige kommentare nie, ek woon 15 minute vanaf Stellenbosch. Die inwoners die klae moet seker maak dat wanneer iemand in hierdie belangrike pos aan gestel word…die persoon oor die regte opleiding beskik , skool opleiding, selfs studie van die taak., Die grootste probleem is dat Ons indien hierdie pos gevul moet word, moet versoek dat ‘n ONAFHANKLIKE evaluering van die kandidate moet gebeur deur persone uit die publiek. Die aanstelling is gewoonlik vriende politiek.

Stellenbosch se inwoners skreeu/gil/ op papier…maar waarom wandel hulle nie na die regte kantore nie in massas en dring aan op verandering( ‘n sekere GROOT anderkleurige dame het die volgende aan my gese…”Die blankes is te lui om te betoog, hulle sal mense huur om te masjeer, dus ons het geen VREES vir die wit gesigte nie, hulle is net praat op papier)

Stellenbosch kry ‘n jong enegieke student en masjeer na die regte kantoor en dring aan op regstelling, en dat hierdie persoon nie net weg kom met ‘n tikkie op die wang nie maar afgedank word sonder voordele of miljoenrand handdruk.

Jasper ·

Ons land is leierloos en almal wat skree en kla is nie noodwendig leiers nie. Ons “Sonskyn, braaivleis en Chevrolete nog te lekker. Ons ou Volkie sal eers weer van voor af moet begin. Op ons kniëe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.