Stellenbosch-man val na sy dood

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Man is Vrydag in Stellenbosch dood nadat hy 10 meter ver van ʼn gebou afgeval het.

Volgens ER24 was die man besig om die gebou se dak te herstel toe hy geval het. Die man was in ʼn kritieke toestand toe paramedici hom op die grond aangetref het. Alle pogings om sy lewe te red was tevergeefs.

Die besonderhede van die ongeluk is nog nie bekend nie en gaan deur die departement van arbeid ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.